Tuesday, August 18, 2009

Nog Hallmark building holle

Dagse,

Eks vandag weer daar by die Hallmark gebou, toe sien ek die poepol. Ek het so paar dae terug vir jou gemail van kak parking by Hallmark, toe doen ek maar gou ‘n opvolg. Of die poepol is so vertraag dat hy elke dag so kak park, of hy is so vertraag dat hy sy stukkende kar op twee parking spots los! Parking is juis so fokken skaars by die plek!
Ek het sommer altwee pix gestuur, datum verskil maar poes bly daar.

Cheers
Erwin



Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat soos een sal bestuur ook...

Sun City Shithead

Aangeheg is ‘n foto van ‘n arrogante doos met sy bakkie by Sun City op Sondag die 9de Augustus. Jy kan sommer op die foto sien hoe rof hy met sy bakkie is, veral met die “watercooler” op die bulbar vasgemaak en sy hilux wat so gelig is dat hy ekstra shanana kan lyk – willer as die wildtuin….
Ek het eerste daar gestop en toe ek terugkom by my kar het ek maar sommer dadelik die watkykjy flyer uitgehaal en die kamera nader gehark om die klot af te neem. Kon amper nie im my kar inklim sonder ‘n blikoopmaker nie.

Baie dankie
Groete
Deon


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Taxi skip rooilig in Maitland

Suidelike voorstede - Maitland oppad na Koeberg brug na N1

1ste Foto. Taxi staan stil amper in die middel van die kruising. Lig is nog rooi.

2de Foto. Taxi ry oor rooi verkeerslig.

3de Foto. Taxi is weg. Ander motors wag nogsteeds vir groen lig.




Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot hy dat soos een sal bestuur ook of soos 'n taxi oor 'n rooilig sal poes...

Die rooi streep is daar vir 'n fokken rede

Hi Griffin,

Ons bly in een van daardie smal straatjies in die ou deel van Kaapstad.
Soos net in die Kaap word parkering in die straat toegelaat - in ons straat net aan die een kant.
Die ander kant het 'n moerse fokken rooi streep...

Blykbaar is daar BAIE mense in hierdie land wat nie die beginsel van 'n rooi streep verstaan nie.
Sien die aangehegte fotos...

Vir die volgende paar weke sal ons maar die "Fok Jou" stickers op hulle motors sit... Daarna gaan ek my wheel clamp begin inspan...
Ek gaan my simpel lag as die poese die cops bel om te kla en dan ge-fine word vir illegal parking

Fok hulle, hulle kan maar stap !!

Kan jy dalk 'n goeie charity se naam en bank besonderhede aanstuur, sodat die fokkers die release fee kan oorbetaal? :-)

Thanks
Schalk




griff tune: Jong ek weet nie watse charity nie my bra. Ek is bang hulle span die zak in om mense te leer hoe om soos poese te ry.

Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Goeie fokken genade!

En hier het ons n wenner. Genade onbeskryflike GROOT DOOS. Dude jy lewe op genade. Watermeyer gym. Pta


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

griff tune: Dis nou vir jou fokken ironies ...

Dom doos kan nie lees nie

Hey Griff,

Hierdie ou kan definitief no f@kken lees nie. Dom doos.

Cheers
Morne


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Hallmark gebou in Pretoria se mense park soos hulle holle

Dagsê,

Ek dog maar laat ek ook ‘n paar name en shames doen, lyk my die Hallmark gebou in Pretoria huisves ‘n mengelmoes van numnatte wat geensins ‘n idee het hoe parking werk nie. Ek het die twee ergstes gemail. In ‘n gebou wat juis nie so baie parking het nie, sal die fokkers nogsteeds soos hulle sphincters parker, ek dink meeste van hulle is prokureurs of so, want mens sien baie van hulle daar. Maar nou ja, name en shame please. Sal kyk of ek weer ‘n paar kan neem, want ek gaan nogal gereeld soontoe.

Cheers
Erwin



Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat soos een sal bestuur ook...

Claremont klontkop

Kleiner karretjie groter poes?

Het hierdie ou gelooi in Claremont area – dis nou nog al hierdie jare die waarheid as dit kom by Gauteng drivers in die Wes Kaap. Dik tril.

Keep up the good work!

Cheeeers



Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Friday, August 7, 2009

Riaan Pruikwagen aankondiging

Goeie more maats,

Ek het 'n bietjie van 'n backlog om deur te werk, so as jy nie jou poes parkeerders dadelik hier sien nie, moenie stress nie - it will happen. Ek het net 'n FOKKEN groot hangover na Die Antwoord gisteraand by Tings en more is dit Oppikoppi Smoorverlief. Ek plak dus volgende week julle dose weer op die site.

Mag jou naweek se wiele nie afval nie.

griff.

PS: Moenie soos 'n poes parkeer nie. Asseblief.

VW GTi bliksem in ABSA vas.

So ja, 'n fokken kont het my fokken Volkswagen GeeTee Eye gefokken steel. Ek is so die poes in dit is nie snaaks nie!!

Die fokken cops kom klop my 4 uur die oggend wakker - en dit is net fokken blou ligte buite. Lyk soos fokken Armageddon. Ek skrik myself natuurlik in my poes in, want ek dog hulle is hier oor die klein bietjie dagga wat ek wegsteek in die koekie blik. Maar toe was dit nie vir die dagga nie, maar om te kom se my kar sit in ABSA bank se muur vas. Die poes het my fokken kar gesteel, en af in die straat gejaag, die cops het hom gesien en agterna gesit. Hy het natuurlik nie 'n fokken licence nie, en toe hy die cops sien, skrik hy sy gat seker af en jaag binne in ABSA bank in vas. Die kar is natuurlik 'n fokken wrak, en die fokken tjop het nie 'n fokken skraap aan hom nie. Die poes. Ek hoop sy voël val af. Anyways, die fokken illegal immigrant het seker net die aand in die tronk geslaap, en die volgende dag weer op vrye voet.

Ek sweer, as ek 'n fokken gun gehad het, het ek fokken losgetrek op sy gat."

Onthou maats, as 'n poes jou kar steel, is die kans groot dat hy in ABSA sal vasbliksem. Dis seker maar hoe hulle re-posess.