Showing posts with label toyota. Show all posts
Showing posts with label toyota. Show all posts

Monday, November 16, 2009

Kakbruin cruiser by Waterstone Virgin Acitve

griff,

Check hierdie absolute dom doos !!

Alweer by die Waterstone Virgin Active in Somerset Wes. Ek sê jou , dis nie goed vir my image om daarnatoe te gaan nie. Mense gaan begin dink ek's ook so fokken dom soos die res !

Ek hou nou maar elke dag fyn dop of ek kan sien wie dit is wat die bakkie ry...hy is after all redelik obvious...sal interessant wees om 'n gesig by die I.K. te kan sit !

Anyway, die parkeer area is altyd baie vol, maar daar is oorkant die pad 'n GROOT parkeer area by die mall waar jy kan parkeer. Dis nie nodig om soos 'n doos te parkeer nie !!!

OK, hy is nie heeeeeltemal in die disabled parking nie, maar kom ons probeer raai hoe 'n ou in 'n rolstoel by daai disabled ramp daar in die agtergrond sal uitkom......hmmmm....aaag wat, fok die ouens in die rolstoelle, wat de fok soek hulle by die gym anyway ??!!

So by-the-way, daai area net regs van die kont is vir "Moms and Tots". Ek het al 'n paar FRIS "moms" daar sien uitklim wat hulle "Tots" by die huis vergeet het.


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Monday, August 31, 2009

Pretoria gangsta chick freak uit

Ek wil vir julle vertel van die fokkers wat my so afgepis het laas week. Ek was SO die moer in, dat ek laas week nie eens daaroor kon skryf nie! Ongelukkig het ek nie foto’s nie. Want al hierdie amper-onnoembare insidente het plaasgevind terwyl ek vasgebuckle (sonder ‘n foon teen die oor) as wetsgehoorsame burger my kar bestuur het.

Maar ek gee beskrywings van al die karre involved. Julle kan dit gaan google. Select images.

Anyhoo, Maandag 24 Augustus ry ek op die N4 vanaf Pretoria-Oos, stad se kant toe. Minding my own business en so aan.

Toe ‘n mal fokker met die naam Silwer-Kia-YDL860GP met ‘n moerse gejuig voor my inry en vleg-vleg van die N4 ‘n hindernis-baan maak. Net om 2.48 sekondes later met ‘n ge-screech (te midde van reuse rookwalms en burnt rubber) sy ereksie pap te skrik toe dit blyk dat al die karre voor in die pad actually doodstil staan. Kan jy sê: ‘Traffic jam?’

Vinnig compose die dumbass homself, skuif vertikaal en half twilight-zone-agtig (not unlike some alien-mobile) na slap links, tot binne-in die geel lyn. Waar hy met amper dieselfde spoed onmiddellik begin reverse, terug met ‘n shortcut na die afrit wat hy gemis het omdat hy soos ‘n doos bestuur.

Silwer-Kia-YDL860GP was by no means alleen in sy mission nie, hoor? Daar was ten minste sewe ander wet-verontagsamers wat tegelyk in die geel-lyn terug reverse het omdat hulle nie juis lus was vir jam nie. En evidently either baie spesiaal is, of connections het.

Kyk, dis reeds erg genoeg as die fokkers in die geel lyn vorentoe ry sodat die cops hulle daar voor om die draai kan aftrek en so beboet dat die res van die samelewing weer hoop het vir die opfok van kriminele. Maar as hulle in die geel lyn reverse??? Wat’s volgende? ‘n Complimentary six-pack vir elke suksesvolle inbraak?

Moving right along – Dinsdag 25 Augustus is ek op die N1 na Johannesburg in Shoneequa, my gangsta Honda met die donker ruite. Anyway, ek bly by die spoed-beperking. Wat nogal baie van my vat, want soos jy kan dink: ‘n kar wat SO gangsta is, vat nie kak nie. Maar ek het gehoor daar’s kameras oral op die N1, so ek ry maar half-ordentlik.

Nou, ek glo in die ‘see at least three’ ding. Ek is ‘n groot aanhanger van volg-afstand. Hoofsaaklik omdat ek nie versekering het nie, so ek wil nie rerig kak bak nie. Ek glo daarin om vir myself pockets te bou. Pockets van spasie. Vir ingeval iets foutgaan, dan het ek genoeg tyd en spasie om te manouvre. Een-een-duisend, twee-een-duisend, drie-een-duisend = 1 mal pocket!

Wragtag, daar kom toe ‘n ander maatjie Sirion-SPT910GP en kom fokken steel my pocket! Ek moet net ankers slaan - weereens, dis net rookwolke en verwelkomende rubber-klankies! Donnerse poeskop sit net daar in sy Sirion en lyk moer-beïndruk met homself, omdat hy so ‘n lekker ou vetgat-bielie is wat arme unsuspecting gangsta- karretjies se pockets steel, net oor hy ‘n man is. En ‘n boelie is. Hy moer seker nog sy vrou ook, steel bier uit sy vriende se yskaste en bring nooit sy eie vleis saam na die braai toe nie. FOKTOG!

‘n Paar dae van vrede en rustigheid. Tot Vrydag-oggend, 28 Augustus. Ek was op John Vorster oppad werk toe. Ek ry in die linker-kantste baan (jip, die baan met die links-pyltjie) sodat ek kon links draai sodra die robot groen word.

Enter TOYOTA-PWC195GP. Wat in die reguit baan was (jip, die een met die slegs-reguit-na-fokken-vorentoe-jou-dom-doos-pyltjie). Maar besluit het om reg voor my in te draai na links. In Lenchen laan in. Wat ‘n eenrigting is. See where I'm going?

Die fokken ou draai links waar hy nie mag nie, in MY baan in, en ry my toe amper van die fokken pad-af, want hy het skielik besluit hy wil nie meer reguit ry nie!

Nou wonder ek – waddefok help ‘n toeter nou juis? Absoluut fokkol! Mens klink net na ‘n histeriese vrou, dis al. Ek dink mens moet ‘n lekker zef bull-bar aan die kar se voorkant vas-swys. Dan sal my Shoneequa NOG meer gangsta en mean lyk! In elk geval – ‘n bull-bar met spikes! Dis wat ek wil hê vir krismis. Dit en fokken tjoklits! Hou maar die hoedjie.

Dan kan EK bietjie vir die fokkers wys presies HOE gangsta en wetteloos EK kan wees. Al is ek ‘n vrou.

Fokken Pretoria bestuurders.

Charlene

Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

Wednesday, April 15, 2009

Vodaworld wanker

Ingestuur deur: Toann
Waar: Vodaworld, Midrand
Wanneer: 15 April

Hi,

Hierdie is geneem by Vodaworld in Midrand. Hierdie kont befok nie net die karre wat langs hom wil stop nie, hy versuur sommer die dag vir voetgangers ook deur met een van sy wiele op die voetpaadjie te stop.


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...