Saturday, June 27, 2009

Aunti van die Bluff klap 'n windgat doos met 'n oorfluiter

Hallo Daar Griffin,

Weet jy, ek moet vir jou die storie vertel. Ek is jammer as dit bietjie lank is maar miskien kan jy die storie verkort en dan op jou site sit.

Die fokken klein knoffelkop was op die Bluff in Durban gewees. Hy het hier gepark om net gou geld te trek so sê hy, maar hy het ook Pick 'n Pay toe gegaan en glo dit of nie - gaan milkshake drink om sy stukkie te impress, die doos.
Anyway die ding staan so: Hulle sê mos Ruff en tuff en van die Bluff maar laat ek jou sê ek het nou een maal besef dat jy sukkel nie met die ouer garde van die Bluff nie. Jy sal sien net langs die Hyundai Gets staan 'n swart Toyota Corolla en dit behoort aan 'n omie van so 70 tot 75.
Die fokken knoffelkop toe hy stop, sê mos vir die omie "ek gaan net gou bank toe" en in die selle asem sê die fokker vir die oom "wie de fok is jy om vir my te se ek mag nie hier park nie?"
En so waar sal die fokker toe hy loop die omie se kar met se sleutel krap! Die omie het toe alreeds geloop maar ander mense sien dit toe.

Maar om nou by die ding uit tekom..
Toe die moerneuker by die kar kom toe staan die omie vir hom en wag. Hy sê toe vir hom "boetman hoekom krap jy my kar en hoekom vloek jy my?" En dis nou waar die dinge gebeur. Die omie se mama sit reeds in die kar en sê "Papa los dit! Kom ons ry", en die boetman sê "ja omie ry voor ek jou moer" en hy stamp die omie en hy val en tref die grond.
Maar my toe gebeur die ding. Die MAMA (sy weeg seker 60 kg) spring uit en sommer oor die kar en sy MOER die fokker met `n vuis!
Nou ja hulle sê mos one tequila two teguila three tequila floor. Dit was "doef!" en onse fokken fris Kris lee plat op die grond langs sy fokken pakkie sigaretts. Uit soos `n kers! Ek jou sê dit was classic.

Hier is die foto van die kar, so as julle wil plaas dit op die site en ek dink miskien om vir die mense van die Bluff te waarsku: wees versigtig vir die real ruff en tuff van die bluff (mama 60 kg) op julle site~

Griffin dit was classic..

Net so terloops die fokker het glo gaan klag van assualt gaan maak teen die mama maar die polisieman het vir hom gesê hy moet eerder loop voor hy weer gemoer word - hulle het gehoor van die ding en hulle belowe hom dat hy weer gemoer gaan word.

Cheers van die grootste supporter van die MAMA van die Bluff..



griff tune: Jy moet volgende keer die kont se nommerplaat mooi afneem vir ons. Goeie werk, ou maat!

Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

No comments:

Post a Comment