Thursday, April 16, 2009

Irene Village idiot mall

Waar: Irene Village Mall
Waneer: 13 April 2009

Liewe fok. Hier kry ek sommer te doen met 2 doosbreine op een dag, en dit net 2 en 'n halwe meter uitmekaar uit.

Ek't eers die Isuzu bakkie gesien wat met 'n kwart van sy bakkie binne in die paraplegiese plek gestaan het (sorrie, dit was bietjie in die son, maar die lyn loop daar annerkant sy regter voorwiel), toe ek merk dat hy sommer in die plek waar die motorfietse moet parkeer staan. Geen wonder al die baaikers met hul klapkallers en fokn think bike beffies parkeer voor die ingang waar ek wil loop nie. Dalk het die moer gedink as die plek met die prentjie van die rolstoel beteken mense met rolstoele kan daar parkeer, dan kan baaikers daar parkeer.

My humeur het net bedaar toe my liewe moedertjie vir my uitwys hoe doosbrein #2, terwyl ek hierdie kiekies gevat het, sommer one time in die rolstoel mense se plek gepark het. At least is dit reguit.

Tjirs.

Willem



Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

No comments:

Post a Comment