Monday, January 17, 2011

'n Drol voor die Spar

'n Drol parkeer nes hy wil in sy drol karretjie

Mense mense, is dit nou nie lekker om op 'n sondag oggend, op n babbelas maag op hierdie tipe stront af te kom nie. Dit was so erg dat dit sommer my eetlus ge-spoil het vir die lieflike kossies wat die tjê-rie vir ons sondag gemaak het. Een of ander mens (of n ding) besluit mos nou toe om te maak net soos sy klein hartjie begeer en parkeer soos n totale drol voor die Spar inie Paarl. Kan julle dit glo die ou (of n ding) het n hele oop parkeerplek mis ge-park om soos n e-pos half met gat in die pad te staan. net 'n jammerte ekt nie flyers gehad nie, anders het ek sy hele kein karretjies beplak met superglue. Ek glo nie daar kan baie van hierie karretjies met hierdie kleur inie Paarl wees nie, so as iemand hierie ou raakloop op 'n kol, klap die stront uit hom uit asb, hy verdien dit loshande...



Thanks Die Swartkat


Onthou maats, as iemand soos 'n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook...

0 eiertjies:

Total Pageviews

Runner up: Most Controversial Blog

2009 SA Blog Awards Runner Up

Wat gaan hier aan?

As iemand se asem stink, is dit raadsaam om die persoon op 'n diplomatiese wyse te benader, een kant toe te roep en aan hom te verduidlik dat dit nie aangenaam is vir mense in sy direkte omtrek nie. Hy sal sal miskien skaam kry, maar defnitief 'n punt daarvan te maak om sy tande te borsel.

Mense wat soos idiote parkeer gee nie 'n flenter om nie. Hulle sal nie luister na vreemdelinge se versoeke om sy K53 toe te pas nie. Hulle sal parkeer soos hulle wil. Hoekom? Want fok almal. Dis hoekom. Hulle sal tien teen een onbeskof optree en jou vloek.

Toe raak iemand eendag gatvol en maak hierdie website oop om vir almal te wys watse dose hulle is. Hoekom? Want fok hulle. Dis hoekom.

Dink jy so site is nodig?

Nou hoe laai ek my foto op?

Jy mail dit na doos@watkykjy dot co dot za.


Met jou beskrwying wat hoe, wat, waar en wanneer.

Enter your email address:

Delivered by FeedBurner

Los hierdie flyer in vensters.

Los hierdie flyer in vensters.
Click om dit groter te sien.

Padvark geskiedenis

Eiertjies

Mense wat hier inloer

Vir al die wankers:

Vir al die non-wankers:

Shop online: Zefshop